Ons bied met trots aan u ons hoë gehalte donskomberse en vere kussings. Ons dons duvets en kussings is natuurlik, nie-allergenies, masjien wasbaar en uiters duursaam. Dons beddegoed sal van jou huis 'n tuiste, en jou slaapkamer 'n snoesige toevlugsoord maak!
|
|
|
Om te slaap onder 'n gans dons duvet voel soos om onder 'n warm powwerige wolk te slaap! Gansdons is die natuur se beste isoleerder. Dit is uiters lig en jy sal dit skaars voel bo jou. Gansdons duvets word ook vinnig warm omdat dit lug vasvang tussen jou en die duvet. Dit reguleer jou liggaamstemperatuur baie beter as enige sintetiese produk omdat dit goed "asem" haal. Gans dons duvets is ook heelwat ligter en duursamer as 'n eend dons duvet.
Om te slaap op 'n dons kussing is 'n ongelooflike ervaring! Die meeste fisioterapeute sal saamstem dat veer en dons kussings beter is as sintetiese kussings omdat dit beter kan vorm tot die kurwes van jou nek. Ons het 'n wye verskeidenheid kussings om van te kies, van 'n baie sagte gansdons kussing tot 'n baie ferm gansveer kussing om te pas by jou individuele behoeftes. Vere kussings is ook baie duursaam en hou vir jare en jare (jy het dalk self nog 'n paar van jou ouma se kussings op die bed!)
![]() Gans Dons Duvets |
![]() Gans Dons Kussings |