The Goose Company: Donskomberse en Vere Kussings

Jou Mandjie




Jou mandjie is leeg, laai produkte in

   

Navigasie: Tuisblad Gans Dons Duvets

Gans Dons Duvets

Kies 'n duvet kategorie hierbo of lees meer oor dons duvets hieronder.

Donskomberse

Om te slaap onder 'n gans dons duvet voel soos om onder 'n warm powwerige wolk te slaap! Gansdons is die natuur se beste isoleerder. Dit is uiters lig en jy sal dit skaars voel bo op jou. Gansdons duvets word ook vinnig warm omdat dit lug vasvang tussen jou en die duvet. Dit reguleer jou liggaamstemperatuur baie beter as enige sintetiese produk omdat dit so goed "asem" haal en nie vog opbou nie.

Dons Duvet Diktes

Ons gans duvets is beskikbaar in verskillende diktes, of "togs". Hoe hoër die tog gradering, hoe warmer is die duvet:

4,5 tog Somer dons duvet

10,5 tog Herfs dons duvet

13,5 tog Winter dons duvet

15 tog (4,5 tog + 10,5 tog) Alle Seisoen dons duvet stel 

Hoe om die beste dons duvet te kies?

  • Vir die meeste areas in Suid-Afrika beveel ons die 10,5 tog herfs duvet aan vir wintergebruik. 
  • Sommige van die warmer kusstreke, veral noord van durban, sal vind ons 4,5 tog duvet selfs warm genoeg is in die winter.
  • Indien jou huis egter besonder koud is, jy self vinnig koud kry vergeleke met ander mense, en/of jy woon in die koeler gedeeltes van die RSA, beveel ons die 13,5 Tog duvet aan vir Wintersgebruik. Dit is veral gewild in die koue areas van die Vrystaat en Ooskaap. Die 13,5 tog duvet is egter nie geskik vir somersgebruik nie.

Wat is die Alle Seisoen duvet?

Die alle seisoen duvet bestaan uit twee duvets: 'n liggewig 4,5 tog en ons mediumdikte 10,5 tog duvet wat  apart gebruik kan word, of saamgeknip kan word met die aangehegte drukknypers (press studs) vir daai baie koue Met hierdie kombinasie hoef jy nooit te warm of te koud te wees nie en dit kan regdeur die jaar gebruik word.

Hoekom gebruik ons gans en nie eend nie?

'n Gans is 'n heelwat groter voël as 'n eend. Die veer en dons van 'n gans is daarom ook veel groter en sterker as die van 'n eend. Dit hou baie langer en word nie klonterig na baie jare se gebruik nie. Dit insuleer ook beter en daarom is heelwat minder vulsel nodig om dieselfde hiite gradering te kry. 'n Gansdons duvet is daarom baie ligter as 'n eend dons duvet.

Duvet Spesifikasies

  • Gevul met suiwer gans dons.
  • 280 draad telling (t/c) Suiwer Katoen donsdigte materiaal vir die buitenste omhulsel.
  • Gestik in klein Blokke (25cm x 25cm) om te keer dat die dons nie rondskuif nie.
  • Pypstik rondom die kante om te keer dat dons lek. Dubbel gestikte buitenste some vir ekstra versterking.
  • Masjien Wasbaar.
  • Nie allergenies.
  • Uiters duursaam en behoort 'n leeftyd te hou indien jy dit mooi oppas.