|
Watter kussing moet ek kies?Sy slaperDie breedte van jou skouers bepaal die fermheid van jou kussing. Indien jy op jou sy slaap moet jy altyd probeer om jou nek en skouers in 'n 90° hoek met mekaar te hou. Dit hou die ruggraat reguit en in 'n natuurlike horisontale lyn. Gebruik ook 'n kussing tussen die bene (van die knieë tot die enkels) want dit keer dat jy die ruggraat skeef draai. Maag slaperDie kussing moet redelik sag wees. Lê met jou kop direk op die matras sodat die kop en nek nie onnatuurlik gedraai is nie. Slaap ook met 'n sagte kussing onder die maag en heupe om die ruggraat reguit te hou. Vermy 'n matras wat induik in die middel. Rug SlaperVermy 'n kussing wat te styf is en die nek onnatuurlik buig. Gebruik 'n medium dikte kussing indien jy dit direk onder die nek hou, of effens sagter as jy dit meer aan die bokant van die kop verkies. Sit 'n ferm kussing onder die knieë, dit sal help om die ruggraat reguit te hou. |