The Goose Company: Donskomberse en Vere Kussings

Jou Mandjie




Jou mandjie is leeg, laai produkte in

   

Navigasie: Tuisblad Inligting Nie Allergenies
Nie Allergenies

Allergieë word oor die algemeen veroorsaak deur stofmyt. Stofmyte is mikroskopiese klein organismes wat teer op fyn gansveer skilfers. Die vulsel van al ons duvets en kussings word verwerk om te verseker dat dit hipo allergenies is. Dit word ontstof om alle onsuiwerhede te verwyder. Daarna word dit gewas met 'n anti-bakteriese seep en dan drooggeblaas deur 'n buis UV-C lig wat die dons ook bestraal. Die vulsel word dan geseël in 'n donsdigte katoen materiaal wat keer dat stofmyt weer kan binnedring.

Huisstofmyt hou van bedompige, warm en donker plekke binnenshuis. Dons is 'n natuurlike produk en haal dus "asem". Dit veroorsaak dat minder vog opbou in vergelyking met sintetiese materiale. Verwerkte dons en veer is dus nie 'n leefomgewing van voorkeur vir stofmyt nie.


Algemene Advies oor Allergieë

  • 'n Studie (Februarie 2005) deur Kingston Universiteit (Londen, VK) het bevind dat deur jou beddegoed van die bed af te haal en die bed onopgemaak te hou deur die dag stofmytgetalle drasties verminder. Dit laat die matras toe om behoorlik uit te droog.
  • Gebruik 'n nat mop of lap om stof te verwyder. 'n Doë lap of besem jaag net die myt in die lug rond.
  • Verlengde blootstelling aan sonlig maak stofmeite dood. Plaas jou matras en los matte gereeld in die son.
  • Sit sagte speelgoed in die vrieskas vir 24 uur voordat jy dit was.
  • Hou die vensters van jou huis gereeld oop om ontslae te raak van vog en stofmyt.
  • Verwyder tappyte en vervang met hout, klip, linoleum, of viniel vloerbedekking. Verwyder kapstokke en swaar gordyne en vervang met blindings indien moontlik.

Verwante artikels

Die British Medical Journal het tot die slotsom gekom dat na gebruik, veerkussings veel minder stofmyt bevat as sintetiese produkte. Lees meer: http://www.bmj.com/cgi/content/full/314/7079/518

In 'n onlangse studie het ook tot die gevolgtrekking gekom dat die fyn geweefde materiale van donsprodukte stofmyte verhoed om deur te dring. Dit lei tot beduidend minder huisstofmyt neerslag in veer en dons kussings in vergelyking met sintetiese materiale. Lees meer: http://www.blackwell-synergy.com/doi/abs/10.1111/j.1365-2222.2004.01972.x?
cookieSet = 1 & journalCode = cea

'n Ander oorsaak van allergieë is swamspore in kussings na 'n paar jaar se gebruik. Studies het tot die slotsom gekom dat aansienlik minder swamspore teenwoordig is in verekussings in vergelyking met sintetiese produkte. Lees meer: http://news.bbc.co.uk/1/hi/health/4339306.stm

Swak ventilasie veroorsaak bedompige klam huise wat 'n goeie teelaarde is vir huisstofmyt. Lees meer: http://www.ebssurvey.co.uk/docs/Ventilation% 20rates% 20 &% 20Moisture
% 20related% 20Allergens% 20in% 20Buildings.pdf