The Goose Company: Donskomberse en Vere Kussings

Jou Mandjie




Jou mandjie is leeg, laai produkte in

   

Navigasie: Tuisblad Inligting Slaap Advies
Slaap Advies

Slaap

Goeie slaap is uiters belangrik, nie net vir jou liggaam nie maar ook vir jou denkprosesse. Jou korttermyn-geheue word byvoorbeeld deur te min slaap benadeel. Onvoldoende slaap lei tot slaperigheid by jou werkplek en terwyl jy motor bestuur. Dit maak jou knorrig en geïrriteerd. Die gemiddelde volwassene benodig 7 tot 8 uur deurlopende slaap elke aand. Dit kan egter verskil van persoon tot persoon. Ons moderne, vinnige lewenstyl dra by tot slegte slaapgewoontes.

Raad vir 'n beter nagrus

  • Vermy kaffëien en oormatige vloeistowwe in die aande.
  • Vermy suiker en sjokolade in die aand want dit gee jou meer energie.
  • Vermy laatnag televisie. TV-programme is ontwerp om jou te laat aanhou kyk, dit stimuleer die brein en hou jou wakker.
  • Vermy vinnige musiek. Lees eerder 'n boek.
  • Raak rustig en kalm voor jy gaan slaap. Moenie te aktief wees reg voor slapenstyd nie. 
  • Skakel jou ligte af of stel donkerder voor slapenstyd. As daar te veel lig is simuleer dit daglig en bly jy wakker.
  • Hoe meer aktief jy gedurende die dag is, hoe meer slaap benodig jou liggaam in die nag.
  • Maak jouself gemaklik wanneer jy gaan slaap. 'n Goeie matras en ordentlike beddegoed sal jou help om 'n goeie nagrus te kry. Probeer 'n ligte gansveer duvet en kussing vir ekstra gemak!
  • Hoewel alkohol jou slaperig maak, verlaag dit die gehalte van jou slaap.
  • Moenie honger gaan slaap nie maar eet aandete minstens twee tot drie ure voor slaaptyd.
  • Maak seker dat jou slaapkamer donker, rustig en gemaklik is.
  • Probeer die volgende slaap ontspannings tegnieke.
  • Kry meer inligting oor jou individuele slaappatroon:  BBC Vraelys.