The Goose Company: Donskomberse en Vere Kussings

Jou Mandjie




Jou mandjie is leeg, laai produkte in

   

Navigasie: Tuisblad Inligting Was Instruksies
Was Instruksies

Wasinstruksies

Dis nie nodig om jou duvet of kussing elke week te was nie. Hang die duvet gereeld buite om lug te kry. Dit raak van die vog in die duvet ontslae en laat dit weer uitpof.

Na 'n paar jaar van gebruik kan die duvet met die hand in die bad, of in 'n groot wasmasjien gewas word.

Kies 'n lekker warm dag en begin vroeg die oggend. Gebruik net Woolite en koue water wanneer jy dit was. Dompel die duvet onder die water. Aan die begin sal dryf en nie veel water absorbeer nie omdat die materiale baie dig geweef is. Druk al die lug daaruit maak seker die duvet is deurnat voordat jy jou masjien op 'n ligte siklus aanskakel. Wanneer dit klaar gewas het, skud die duvet en hang dit op die draad om droog te word. Draai dit elke uur om sodat die water ook na die ander kant kan dreineer.

Wanneer die duvet droog is kan dit ook getuimeldroog word teen 'n lae temperatuur om dit lekker te laat uitpof.